X
GO
Bruere na Bruwer

Die stamvader van die Bruwer-familie in Suid Afrika is ESTIENNE BRUERE van Blois of dan die dorpie Mer in Frankryk.  Estienne was 'n Franse hugenoot wat Frankryk verlaat het weens geloofsvervolging.  Estienne was 23 jaar oud toe hy op 31 Desember 1687 vanaf Delfshaven in Holland op die skip die "Voorschoten" na die Kaap gekom het en aangekom in 13 April 1688. 

Met sy aankoms was hy 'n vrygesel en het as wamaker gewerk. Mettertyd het die spelling van BRUERE na Bruwel en BRUWER verander.  Estienne het dan ook begin boer en getrou. Meer daaroor hier.

Interessante Feite

Daar was 10 gesinne of groepe op die Voorschoten wat op 8 April 1688 in Saldanabaai aangekom het.  Dit was die eerste groep Hugenote wat onder die VOC in die Kaap aangekom het.  Daarvan het net 6 gesinne of vanne dit gemaak.   Die groep is laat haal deur die sloep die Jupiter, gestuur deur Goeweneur Simon Van Der Stel en het op 13 April 1688 in die Kaap aangekom.  In April 1988 is hierdie gebeurtenis herdenk deur 21 mense tydens die Hugenotefees wat die reis nageboots het.

Bronne/ Resources

Verskeie bronne is gebruik en krediet word verskaf in die bronne seksie. Various resources were used and credit are given in the resources section.

UsersOnline
Membership Membership:
Latest New User Latest: Koekiebox
Past 24 Hours Past 24 Hours: 0
Prev. 24 Hours Prev. 24 Hours: 0
User Count Overall: 15347

People Online People Online:
Visitors Visitors: 12
Members Members: 0
Total Total: 12

Copyright of some work belong to their respective authors and research used is given credit for in the Resources Section. 

Kopiereg van sommige werk behoort aan hulle onderskeie outeurs en krediet word gegee in die Bronne Seksie.