Register  |  Login

Sunday, May. 20 04:12  

 
 

 
   
 
Hit Me!/Getref!

This Site was built with 100% Recycled Electrons

Lodewicus Jacobus b6c1d1e4f2

Lodewicus Jacobus, ook bekend as Lodewyk Johannes, is gebore op 19.5.1804.  Hy is gedoop in Tulbagh op 17.8.1833 en hy sterf op 5.5.1911.  Hy is getroud. met Johanna Petronella Stemmet op 18.5.1858.  Sy was die dogter van Johan Willem Stemmet en Johanna Pretonella Joubert, 'n suster van generaal Petrus Jacobus Joubert. Lodewicus Jacobus het saam met sy broer van Robertson getrek na die Boesmanland. Hulle het dit in daai dae die "voorwereld" genoem.  Die Vanwyksvlei nedersetting is later aangele op sy plase "Leeukolk" en "Gannabos" in die distrik Carnavon.  Sy broer, Johannes Jacobus (Hans) het op die plaas "Springbokoog" in die Carnavon-distrik met skape geboer.

Die sewende geslag Bruwer's wat afstammelinge is van Jacobus Stephanus Bruwer en sy seun Johannes Godfriedus en kleinseun Willem Fredrick Jacobus en agterkleinseun Lodewicus Jacobus tot op hierdie punt se stamboom lyk as volg:

  • Estienne Bruwer (a)
  • Johannes Bruwer (b6)
  • Jacobus Stephanus (c1)
  • Johannes Godfriedus (d1)
  • Willem Frederick Jacobus (e4)
  • Lodewicus Jacobus (f2)

Die kinders (7de Geslag) van Lodewicus Jacobus was:

 
Kinders van Lodewicus Jacobus (b6c1d1e4f2)
Naam   Gebore Sterf
Martha Elizabeth
b6c1d1e4f2g1 15.3.1859  
Willem Frederick Jacobus b6c1d1e4f2g2 24.9.1869  27.8.1944
Johan Wilhelm b6c1d1e4f2g3 4.9.1862 29.7.1940
Lodewicus Jacobus (Klein Lodewyk) b6c1d1e4f2g4 23.9.1865 17.9.1922
Johannes Jacobus b6c1d1e4f2g5 1866 26.10.1902
Martha Elizabeth Petronella b6c1d1e4f2g6 1869  
Adamus Paulus b6c1d1e4f2g7 10.7.1870 27.3.1935
Alida Magdalena b6c1d1e4f2g8 1873  
Jacobus Daniel b6c1d1e4f2g9 12.2.1874 23.11.1923
Hester Catharina b6c1d1e4f2g10 1878  
Aletta Gertruida b6c1d1e4f2g11 1880  
Louisa Jacoba b6c1d1e4f2g12 8.11.1881  
Johanna Petronella Andriesa b6c1d1e4f2g13 4.11.1883  

Terms Of Use  |  Privacy Statement  

 Copyright 2007 by Louis Bruwer

     
Downloaded from DNNSkins.com