Bruwer Familie, Bruwer Family
X
GO
3rd Generation / 3de Geslag

Die Derde Geslag Bruwer's is dan ook die hoofvertakking van die Bruwers.  Alhoewel Johannes vyf kinders gehad het, waarvan vier seuns was het net drie kinders gehad.  So die Bruwers word almal teruggebring tot een van hierdie drie seuns.  Ons praat dus van die volgende takke:

 

Jacobus Stephanus Tak (b7c1)

Die Jacobus Stephanus Tak

Jacobus Stephanus is dus die DERDE geslag.  Jacobus is op 22 April 1753 op Tulbach gedoop.  Jacobus het getrou met Aletta Lombard.  Aletta is ongeveer 1752 gedoop.  Sy was die dogter van Johannes Lombard en Aletta van Staden.  Jacobus was 'n burger in Swellendam.

Hulle het vier kinders gehad.  'n Dogter en drie seuns.  Alhoewel almal kinders gehad het het die laaste seun se Bruwer nageslag egter doodgeloop by sy kinders. Die dogter is getroud, eers met 'n "Buxman" en toe met 'n "Vuurman".  Die hedendaagse Bruwer's stam dus almal af van die eerste twee broers as hulle uit die Jacobus Stephanus Tak afstam.

 

 
Schalk Willemse Tak (b7c4)

Die Schalk Willemse Tak

Schalk Willemse is dus die DERDE geslag.  Schalk is gedoop in Tulbach op 3 Julie 1763.  Ons weet ook dat hy getrou het met Susanna Helena van der Merwe op 5 Mei 1763.

Schalk het gewoon op “Willemnelsrivier” Robertson. Hulle het agt dogters en vier seuns gehad.  Die dogters was getroud met die volgende families Blignaut, Marais, Moller, Naudé (seun van Martha Retief), Le Roux en Rabe.

Die 12 kinders van Schalk Willenmse was dus die VIERDE geslag.  DIe meeste van hierdie kinders het hulle huis in Robertson verlaat en Natal toe getrek.  Die VIERDE GESLAG kinders was:

  • Maria Elizabeth (d1)
  • Anna Maria (d2)
  • Susanna Catharina (d3)
  • Johannes Hendrik (d4)
  • Susanna Helena (d5)
  • Alette Catharina (d6)
  • Schalk Willem (d7)
  • Martha Hendrina (d8)
  • Josina Elizabeth (d9)
  • Hendrik Jacobus (d10)
  • Helena Catharina (d11)
  • Eduard Christiaan Daniel (d12)
Daniel Tak (b7c5)

Die Daniel Tak

Daniel is dus die DERDE geslag.  Daniel is gedoop in Kaapstad op 15 September 1765.  Ons weet ook dat hy getroud was met Susanna Jacomina Nel op 4 Februarie 1787.

Daniel het op die plaas “Bosjeveld”, in Willemnelsrivier,  Robertson geboer. Hy en Susanna het Ses seuns en Drie dogters gehad. Die dogters trou met 'n Kloppers en 'n du Plessis.

 Hulle kinders was die 4de geslag:

  • Johannes Petrus (d1)
  • Gerrit (d2)
  •  Daniel Jacobus (d3)
  •  Anna Margaretha (d4)
  •  Anna Maria (d5)
  •  Pieter Willem (d6)
  •  Schalk Willem (d8)
  •  Susanna Jacomina (d9)

 
UsersOnline
Membership Membership:
Latest New User Latest: Koekiebox
Past 24 Hours Past 24 Hours: 0
Prev. 24 Hours Prev. 24 Hours: 0
User Count Overall: 15347

People Online People Online:
Visitors Visitors: 11
Members Members: 0
Total Total: 11

Copyright of some work belong to their respective authors and research used is given credit for in the Resources Section. 

Kopiereg van sommige werk behoort aan hulle onderskeie outeurs en krediet word gegee in die Bronne Seksie.