Register  |  Login

Sunday, May. 20 04:01  

 
 

 
   
 
Hit Me!/Getref!

This Site was built with 100% Recycled Electrons

Search_Blog
Start a NEW Blog
View_Blog

Kom BLOG saam!

Nov 27

Written by:
Thu, 27 Nov 2008 16:02:08 GMT  RssIcon

Ja jy kan nou ook gratis saam Blog. Vertel jou storie.

Die webwerf se doel is om die korrekte stamboek te bevat en al die relevante geskiedenis en feite.  Maar dit is dan ook net staties en soos 'n boek op die rak of aantekeninge in 'n laai.  As on almal on geskiedenis leef en maak dan sal dit spoedig alles hier opgeteken wees.  Nie net die feite en navorsing data uit argiewe nie, maar ook die mens wees kan.  So begin ook dadelik hier blog. Dit is gratis en maklik. Vertel jou storie and dan ook ons familie se storie!

Tags:
Categories:
Location: Blogs Parent Separator Louis Bruwer

9 comment(s) so far...


Re: Kom BLOG saam!

Geluk met jou blog.
Jy kan op my blog (bruwer-familie@blogspot.com) ook kyk of ons saamstem oor die familie geskiedenis.
Lekker blog.

By Johan Bruwer on   Mon, 01 Dec 2008 09:54:46 GMT

Re: Kom BLOG saam!

Baie dankie Johan. Ek het nou ook op verskeie plekke skakels van my na jou webwerf to gesit. Ek hou sommer baie van jou blog!

By bradmin on   Mon, 26 Jan 2009 02:02:28 GMT

Re: Kom BLOG saam!

Dankie, Louis. Ek is 'n gebore Bruwer en my pa het op die plaas, Bruwershoop, naby Bethlehem, grootgeword. Ek woon juis Sondag 'n seremonie op die plaas by waar die huidige eienaar, Roy Jankielsohn, 'n gedenkplaat gaan oprig vir 4 boerekrygers wat daar gesneuwel het. Ek dink ek is 'n afstammeling van Daniel Bruwer. Ek en my ma kry nie op die oomblik ons Bruwer familiegeskiedenisboek, wat Marie Williams geskryf het, nie. Weet een van julle dalk waar ek 'n kopie kan kry? My pa se name was, Benjamin Eduard Cornelis.

By Karien van Deventer on   Tue, 10 Mar 2009 19:25:52 GMT

Re: Kom BLOG saam!

Ek is Fanus Bruwer en van die 8 st geslag Bruwer afstameling van Estiene en die 7de en my seun die 9 de geslag wat nog boer op n deel van die oorspronklike plaas Zandrivier waar Johannes hom gevestig langsaan die plaas van sy pa Estiene wat geboer het op die plaas waarop die dorp Robertson nou geleë is. Estiene het vanaf 1713 af wydings regte hier gehad en teen 1730 hom permanent hier gevestig. Na sy dood het sy weduwee nog die plaas bedryf terwyl haar seun Johannes gevestig was op sy eie plaas die huidige Willemnelsrivier. Haar plaas is later verkoop eers aan Estiene se suster se famielie die Fouche s en later weer aan van Zyls, 1853 is die Dorp Robertson toe op die plaas gestig.
van dag bly ek 1km buite Robertson en is deel 10 gesinne almal afstamelinge van Johannes (1722) soos alle Bruwers van suid afrikaanse oorsprong wat op die oorspronklike Bruwer grond boer. 5 gesinne is nog Bruwers en ander is met Bruwer dogters getroud. Die boere hier is nou van 8st tot 10de geslag. Ek het die laaste jare baie kennis opgedoen oor die Bruwer geskiedenis Danksy williams se register en Mr Vincent Bruwer van die Paarl hy het wonderlike navorsing gedoen. Af gesien van die wat op willemnelsrivier boer is die gebied vrot van die bruwers en boer hulle in elke distrik en dan nog profesionele manne in die dorp ook. So vir eers genoeg
Fanus Bruwer

By Fanus on   Sun, 05 Apr 2009 23:38:26 GMT

Re: Kom BLOG saam!

Karien van Deventer hier is 'n paar adresse vir die boek wat jy soek: http://isbndb.com/d/book/geslagsregister_van_die_familie_bruwer.html
www.gensa.info/af/filemanager/active?fid=81
www.book-info.com/publisher/Raad+vir+Geesteswetenskaplike+Navorsing.htm –
As jy wil hê ek moet jou help met jou voorgeslag, kontak my by info-bruwer@lantic.net
Johan

By Johan Bruwer on   Sun, 03 May 2009 11:45:41 GMT

Re: Kom BLOG saam!

Hi daar. Vir lank stel ek al belang in my familie geskiedenis en is so bly ek het julle webwerf ontdek. My naam is Jaco Elmar Bruwer, afstammeling van die Daniel tak, b6c5d18f1g10h4i1 in Williams se register.e

By Jaco Bruwer on   Sat, 12 Sep 2009 23:04:04 GMT

RE: opsoek na my oupa se sterf datum: (Christiaan Duidelief Bruwer :gebore : 12.10.1910

Hi, Daar !

Hoop dit gaan nog goed moet al die Bruwer's !
Is dit moontlik dat iemand my kan help. Ek is opsoek na my oupa se sterf datum.
Sy name: Christiaan Duidelief Bruwer. (Hy was woonagtig in die Kaapstad.(Parow). Ek het 'n stamboek van 1979. Is daar nog 'n Bruwer - familie, boek wat hierna uitgekom het ??
My pa se name was: Petrus Johannes Bruwer : gebore : 12.12.1936 - oorlede : 21.02.1979
My ma se name was: Maria Jacoba Bruwer: gebore : 17.12.1929 - oorlede : 17.02.2000
My name: Marieschon Angelita Bruwer : gebore: 18.12.1965 (die stamboek se datum foutief, moet wees 1965 en nie 1966)

(My oupa is by Maitland Begrafplaas(Kaapstad) begrawe, ek kan glad nie sy graf opspoor nie, die begrafnis ondernemers benodig sy sterf datum, sodat hulle die grafnr. kan opspoor vir my.

Johan / Louis is dit moontlik dat julle my kan help !

Lekker dag !

Marieschon
My contactnr. 082 398 6820
Kaapstad

By Marieschon Angelita Bruwer on   Fri, 08 Jan 2010 10:15:06 GMT

Re: Kom BLOG saam!

Hallo daar.
Ek is nie seker waar ek is nie of deel van julle stam boom nie ek en my seun is van my oupa se nageslag die laaste bruwers ons is in die noordwes in die dorp vryburg distrik.Hier is n paar bruwers maar niemand naby my oupa se kant nie my oupa se naam was ook martin luther bruwer ek is nie seker wanneer hy oorlede was nie maar ek kan dit kry.So ek weet nie kan iemand my dalk help.

By Martin Luther Bruwer on   Mon, 13 Sep 2010 16:39:14 GMT
Gravatar

Re: Kom BLOG saam!

Ek is besig om 'n album van my familie op te trek en het op 'n paar intresante fotos af gekom soos wat ek oral by die familie wat ek ken gaan navraag doen het.Dit lyk of my oupa Bruwer oorspronklik van Reitz in die Vrystaat afkom. Hy was Gabriël Daniël Nel Bruwer. Sy pa volgens my navorsing moet dan of Gerhardus Jacobus Bruwer of Gabriël Danië Bruwer van Reitz af wees. Ek het 'n afskrif van 'n groep foto van 'n klomp gevangenis wat ek aanneem van Selon af gekom het wat 1907 dateer. As daar dalk nog iemand in Reitz destrik is wat my kan help stuur asb inligting, ek sal selfs Reitz toe ry om fotos te vergelyk.
Groete
Chris.
NS Chris is nou wel nie die Bruwer naam nie maar my pa was Gerhardus Jacobus en my oupa Gabriël Daniël Nel Bruwer (waar die nel vandaan kom weet ek nie) Hulle is albei begrawe op die plaas Alkmaar in Wepener destrik by die dorpie Vanstadensrust.
Chris

By Chris Bruwer on   Sat, 09 Jul 2011 08:55:39 GMT

Your name:
Gravatar Preview
Your email:
(Optional) Email used only to show Gravatar.
Your website:
Title:
Comment:
Add Comment   Cancel 

Terms Of Use  |  Privacy Statement  

 Copyright 2007 by Louis Bruwer

     
Downloaded from DNNSkins.com