Register  |  Login

Sunday, May. 20 03:59  

 
 

 
   
 
Hit Me!/Getref!

This Site was built with 100% Recycled Electrons

Search_Blog
Start a NEW Blog
View_Blog

Johan Bruwer se Blog

Apr 28

Written by:
Tue, 28 Apr 2009 10:09:44 GMT  RssIcon

Johan Bruwer bedryf ook 'n baie interesante Blog oor die familie

Geluk met jou blog.
Jy kan op my blog (bruwer-familie@blogspot.com) ook kyk of ons saamstem oor die familie geskiedenis.
Lekker blog.

Tags:
Categories:
Location: Blogs Parent Separator Louis Bruwer

11 comment(s) so far...


Re: Johan Bruwer se Blog

Ciao Johan!
am the 1st to wrtie somethign on your blog?
what are we acctually talking about sorry the silly question but I'm quite new to this site but also very excited as I'm trying to find my family;-)
I now live in Italy near Florence fo rthe past 23 yrs but planing a "big" visit to S.Africa next yr perhaps we cna meet... let me know how yo feel about it..
Chantal

By Bruwech on   Tue, 09 Jun 2009 11:47:44 GMT

Re: Johan Bruwer se Blog

Hi daar

Soos Chantal hierbo is ek ook nuut op die site. Ek is nou wel nie 'n opregte Bruwer nie, maar my ma is een. Ons hou elke tweede jaar 'n tipe van saamtrek en het nou weer een in Augustus. Is daar nog Bruwers waarvan julle weet wat ook so iets doen?

By Elmien on   Fri, 17 Jul 2009 12:57:50 GMT

Re: Johan Bruwer se Blog

Hallo daar - my dogter van 12 het nou die dag begin vra na ons stamboom en aangesien ek Bruwer gebore is gedink dit sal interessant wees om meer uit te vind. My pa was Kosie Bruwer (Seun van Daan en Susie Bruwer - van Bonnievale) Hy is reeds in 1991 oorlede. Ouma Susie sê oupa Daan se Pa was ene Jacobus Johannes de Wet Bruwer.

Hoop om weer te hoor, - o ja voor ek vergeet ek sien daar is 'n Bruwer wapen kan ek meer inligting daaroor bekom?

By Lénieta on   Fri, 20 Nov 2009 11:25:15 GMT

Re: Johan Bruwer se Blog

Hi Lenieta,

Ek dink my oupa en jou oupa was moontlik broers. My oupa was Albertus Jacobus Van Zyl Bruwer ook van Bonnievale. Hy was getroud met Jacoba Bruwer. My pa was ook Jacobus Johannes de Wet Bruwer (oorspronklik van Bonnievale), moontlik vernoem na sy pa en jou pa se oupa. Ek is Albertus Jacobus Bruwer. Ons is moontlik dan klein-neef en niggie.

groete,
Altus

By AJBruwer on   Thu, 03 Dec 2009 11:28:20 GMT

Re: Johan Bruwer se Blog

Kyk gerus ook op http://www.bruwer-fam.com waar my broer, ook Johan Bruwer, die stamboom van die Bruwers uitlê. Daar is ook 'n familie wapen. Dit lyk my daar is groot belangstelling in ons herkoms. Ek het die voorreg gehad om Mer en Blios in Frankryk te besoek waar die eerste Bruwer vandaan kom!

Groete
Elsa

By Elsa Botha (Bruwer) on   Tue, 08 Dec 2009 13:07:57 GMT

Re: Johan Bruwer se Blog

Ek wil graag meer uitvind van die Bruwer Stamboom maar het geen idee waar om te begin nie en ek ken ook nie regtig veel van die Bruwer Familie nie. My pa is Cornelius Bruwer en is gebore op 11 November 1949. Ek sal dit baie waardeer as iemand my dalk kan help my epos is feetjiekind@gmail.com
Baie Dankie

By Annique Bruwer on   Thu, 10 Jun 2010 17:30:41 GMT

Re: Johan Bruwer se Blog

Hi, Ek is beter bekend as Martie en het 'n broer Louis (Lodewikus Jacobus Bruwer) wat die kinders van oorlede Marthinus Gerhardus Bruwer is en kleinkinders van oorlede Oupa Lodewikus Jacobus Bruwer van Williston en Oom Ben en Tannie Wilma van die Fliek Jakhalsdans is ook my oom en tannie (Ons oorlede Pa se jongste Broer is Oom Ben van Loxton). Is ons dalk Familie van jou Johan. Ons is trots op ons Familie stamboom. Baie Dankie. My epos is Marti.Barnard@smith-nephew.com

By Martinelli Elisabet Barnard (nooiens van Bruwer) on   Sun, 11 Jul 2010 18:48:39 GMT

Re: Johan Bruwer se Blog

Ek is in 1970 getroud met 'n Bruwer, uit die Jacobus Stephanus tak. Ons het 3 Jacobus Stephanus'e, wat op die 10 De Desember gebore is. Die oudste is 75 en die jongste is 11. Vir ons is dit baie spesiaal.

By Doreen Bruwer on   Fri, 27 Aug 2010 14:58:57 GMT

Re: Johan Bruwer se Blog

Daar is baie Bruwers of familie van Bruwers begrawe in Barrydale se begraafplaas, ook my ouma Susan Maria Bruwer, asook grootoupa Gert en grootouma Hanlie Bruwer. Aangesien ek hulle nooit geken het nie, maar ek glo en gehoor het, hulle baie uniek en interessant was en baie hard gewerk het, sal ek graag wil weet uit watter takl van die Bruwers hulle stam en waar hulle ouers gebly het en of u ook al gaan kyk het na die begraafplaas in Barrydale langs die hoofpad ek dink die winkel se naam is Mud of so iets.

By Maria Bruwer on   Tue, 28 Dec 2010 10:58:31 GMT
Gravatar

Re: Johan Bruwer se Blog

Hi Johan,
Ek is Christoffel Coenrad Bruwer maar my vader was Gerhardus Jacobus Bruwer en my oupa was Gabriel Daniel Nel Bruwer. Wat ek kon uit vind kom oupa Gaaf soos hy bekend gestaan het oorspronklik van Reitz af in die vrystaat. Volgens 'n lys van oorlog gevangenisse was oupa Gaaf (en ek neem aan) sy broer Gerhardus Jacobus Bruwer saam op een lys. My broer dra nou die naam Gabriel Daniel sonder die Nel. O ja my name kom van my oupa aan my ma se kant af. Oupa Gaaf is op die plaas Alkmaar in die Wepener distrik begrawe, die datums het ek nie maar is gou om te kry.
Bruwer groete

Chris

By Chris Bruwer on   Fri, 20 May 2011 13:39:04 GMT
Gravatar

Re: Johan Bruwer se Blog

Beste Johan,
Ek hoop van harte die webtuiste en blog is nog aktief.
Ek is nie verwant nie maar bedryf die tydskrif InClarens en omgewing en doen gereelde artikels oor begraafplase en grafte in die omgewing.
Op plaas Davelsrus is daar 'n Bruwer familie begraafplaas en sou graag bietjie meer inligting oor Johannes Jacobus Bruwer 13/3/1870-20/09/1943 wou kry.
Groete

By Ammie on   Sat, 29 Oct 2011 13:40:31 GMT

Your name:
Gravatar Preview
Your email:
(Optional) Email used only to show Gravatar.
Your website:
Title:
Comment:
Add Comment   Cancel 

Terms Of Use  |  Privacy Statement  

 Copyright 2007 by Louis Bruwer

     
Downloaded from DNNSkins.com