Daar was 10 gesinne of groepe op die Voorschoten wat op 8 April 1688 in Saldanabaai aangekom het. Dit was die eerste groep Hugenote wat onder die VOC in die Kaap aangekom het. Daarvan het net 6 gesinne of vanne dit gemaak. Die groep is laat haal deur die sloep die Jupiter, gestuur deur Goeweneur Simon Van Der Stel en het op 13 April 1688 in die Kaap aangekom. In April 1988 is hierdie gebeurtenis herdenk deur 21 mense tydens die Hugenotefees wat die reis nageboots het.